Welkom by Sakeredding

Kundige advies vir besigheidsredding en sakeredding in Suid-Afrika

Oor Ons

As jy op dié webblad is, het jy al seker verskeie opsies oorweeg.

Dit beteken dat jy soekend is.

Het jy sinvolle raad en advies gekry ten opsigte van sakeredding (ook bekend as Business Rescue)?

Moenie te lank wag nie. Kontak ons vir 'n afspraak.

Ons Dienste

Hier volg 'n kort verduideliking van ons dienste

Sakeredding Proses

Sakeredding is daarop gemik om die voortbestaan van 'n onderneming te verseker. Dit is belangrik om vinnig op te tree, sodra 'n finansiële probleem of uitdaging voorkom.

  • Bepaal of daar 'n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word
  • Help met die sakereddingsproses deur die volgende opsies:
    • Die direksie van die maatskappy kan besluit dat die maatskappy vrywillig met sakeredding kan begin
    • Die direksie van die maatskappy kan by die hof aansoek doen
    • 'n Geaffekteerde persoon kan by die hof aansoek doen
  • 'n Besigheidsreddingsplan word opgestel en voorgelê vir oorweging en implementering

Tydens Sakeredding

Tydens die aanvang van die sakereddingsverrigtinge:

  • Is die maatskappy beskerm teen krediteure deur 'n moratorium
  • Geen regstappe mag aangevoer, begin of voortgesit word nie
  • Asemhalingsruimte word geskep om die skuld van die onderneming te struktureer
  • Die maatskappy word ondersteun met regs-, rekeningkundige en bestuursadvies

Belanghebbendes

Ons kundigheid, strategiese vennootskappe en alliansies stel ons in staat om:

  • Advies te gee rakende die sakereddingsproses en die uitwerking daarvan op krediteure, aandeelhouers en ander belanghebbendes
  • Op te tree as gekose verteenwoordiger vir die besigheidsredding vir krediteure of belanghebbendes
  • 'n Onafhanklike en kundige evaluering van moontlike likwidasie dividende vir krediteure of belanghebbendes te bied
  • Ander besigheidsreddingspraktisyns te help met onafhanklike en kundige waardasies
  • Ook die impak op werknemers of hul onderskeie verteenwoordigers te verduidelik

Sakereddingsplan

Die sakereddingsplan kan die volgende insluit:

  • Volledige of gedeeltelike herstrukturering van die onderneming se sake
  • Herstrukturering van eiendom, besigheid, en skuld
  • Herstrukturering van aandele aandeelhouding en ekwiteit
  • Maak die onderneming weer kommersiëel lewensvatbaar
  • Lewer 'n beter resultaat vir die krediteure en aandeelhouers as in onmiddellige likwidasie

Belangrike Nota vir Direkteure

As die direksie van 'n maatskappy redelike gronde het om te glo dat die maatskappy in finansiële nood is, moet hulle volgens artikel 129(7):

  • Die besigheid in sakeredding plaas; of
  • ʼn Skriftelike kennisgewing lewer aan alle aandeelhouers, krediteure, werknemers en vakbonde, dat die maatskappy in finansiële nood is en redes gee waarom die maatskappy nie in sakeredding geplaas moet word nie.

Vrae en Antwoorde

Dit is die proses om ʼn entiteit wat in finansiële nood is te rehabiliteer. Die rehabilitasie behels ʼn tydelike oorsig van die besigheid se sake, bedrywighede en eiendomme. Geen regstappe mag teen die entiteit gedurende besigheidsredding geneem word nie, alhoewel daar sekere uitsonderings is.

ʼn Goedgekeurde sakereddingsplan word geïmplementeer ten einde die rehabilitasie van die entiteit te bewerkstellig deur herstrukturering van die entiteit se besigheid, sake, eiendom en skuld.

Kontak Ons

Kontak ons vir 'n afspraak of meer inligting

Hierdie webwerf word deur Cloudflare Turnstile beskerm om te verseker dat jy nie 'n robot is nie.

Kontak Besonderhede

corne@sakeredding.co.za

012 344 4315

Lady Brooks Kantoorpark, Eerste Vloer, 12de Straat nr 14, Menlopark, Pretoria